Breaking News

No breaking news at this time

Vroue: Drink jul pille, smile en maak die kos

Sal jy jouself só in die koerant wil sien? Dié advertensies en foto’s het die Worcester Standard so 50 jaar terug gehaal, maar sal die meeste hedendaagse vroue waarskynlik rooi laat sien.

Maak nie saak wat haar naam is nie, solank sy mooi is:

Vroue1

Foto 1: “The lady is dressed for summer sport and even if the game she intends playing is not the most strenuous ever invented, we are convinced that she will not lack for admiring spectators when play commences.”

Foto 2: “Die Groot Dae wat aan die kom is beteken altyd iets vir die oog. Dametjies soos hierdie sal vanjaar weer ons strandoorde versier.”

Geluk in ’n botteltjie:

Women newspapers 1950s.

Foto 1: Een voorbeeld van ’n reeks advertensies vir vroue wat hul sprankel verloor het: Feluna-pille maak die lewe sommer “meer genietbaar en minder moeilik; hulle sal die rose na jou wange terugbring. ’n Belangrike bydrae tot die gesondheid en geluk van die vrou.”

Foto 2: Die vrou wat Feluna-pille gebruik is begeerlik vir mans, aantreklik vir almal, ’n prag om te aanskou.

Foto 3: VIM – sodat jou vriendinne nie oor jou sal skinder nie.

Ons vrouens vra nie veel nie:

Vroue4

Foto 1: “Jim neem jou nog altyd saam om te gaan swem, Bettie. En hy sal jou danse toe ook neem… Maar jy’s onversigtig deur nie MUM te gebruik nie. MUM bewaar bekoorlikheid.”

Foto 2: Want natuurlik sal ’n gelukkige huisvrou voor die stoof wees.

Die lyfie is al wat saakmaak:

Vroue2

Foto 1:“Die mees aangename uitrusting vir ’n Halloween-partytjie in dié warm weer. Selfs al bring sy die pampoen en die kat, sal sy by enige partytjie baie welkom wees.”

Foto 2: “Summer time means swim suits and trim figures. It hardly seems necessary, but this young lady is taking that extra inch off her midriff by touching her toes one hundred times. Or is it just a pose?”

So nuttig:

Vroue5

Foto 1: Was dit eens op ’n tyd die nuutste en beste op die mark?

Foto 2: Alles wat oop- en toemaak? Waardevolle besittings?

Net vir plesier:

Vroue3

Foto 1: Die onderskrif by hierdie foto was: “Johannesburg Municipal circles are facing stern opposition from the younger set because of their efforts to prohibit the wearing of swim suits, such as the one worn by this young lady, in the Municipal baths. Our young lady seems quite unconcerned – after all she’s skiing not swimming, and no one has yet thought of decreeing that this or that should not be worn by playful young girls when they decide to gambol in the snow.”

Foto 2: “Made for hibernating men of all ages.” – Met ’n tydskrif vol mooi vrouens onder die arm!

Het jy ’n lekker plaaslike storie wat jy wil vertel of wil lees? Klik hier om ’n voorstel te maak.

 

 

Rate this article:
1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Latest Articles

More in Community
Postnatal depression
Postnatal depression – a local mom’s take

The Postnatal Depression Support Association of South Africa (PNDSA) says 10% to 30% of all mothers, in all circumstances, will...

Close