Breaking News

No breaking news at this time

Verkiesingsfeite net vir interessantheid

Onthou jy hoe lekker was dit om Chappies-papiertjies te lees? Hier is een oor die plaaslike verkiesing van 3 Augustus:

• Altesaam 200 politieke partye landwyd neem vanjaar aan die plaaslike verkiesing deel. In die Breedevallei is daar 12: die ACDP, ANC, BO, Civic Independent, COPE, DA, EFF, ICOSA, Patriotic Alliance, People’s Democratic Movement, UDM and VF+.

• Die totale hoeveelheid kandidate wat deelneem is 61 014 landwyd.

• Om as ’n kandidaat te staan kos ’n deposito van R3 500 in ’n metro, R2 000 in ’n plaaslike raad, R1 000 in ’n distriksraad en R1 000 vir individuele wykskandidate.

• Daar is 257 munisipaliteite in Suid-Afrika: Agt metro’s, 205 plaaslike munisipaliteite en 44 distriksmunisipaliteite.

• Dit kos ’n politieke party ’n deposito van R482 000 om vir die verkiesing te staan in elke munisipaliteit in die land. (8 metro’ s x R3 500 = R28 000; 205 plaaslike rade x R2 000 = R410 000; 44 distriksrade x R1 000 = R44 000.)

• Deposito’s word aan partye terugbetaal wat minstens een kandidaat in die raad het volgens die verkiesingsuitslae.

• Daar is altesaam 4 392 wyke in die land. Die Breedevallei het 21.

• Die Verkiesingskommissie druk altesaam 4 649 verskillende stembriewe regdeur Suid-Afrika om elke wyk te dek.

• Altesaam 80 miljoen stembriewe word gedruk om seker te maak daar is genoeg van elke stembrief by elke stemlokaal. Stembriewe word in bondels van 100 gedruk en streng gekontroleer om seker te maak niemand kan kul nie.

• Daar is meer as 22 000 stemlokale landwyd. In die Breedevallei is daar 67.

• Uitslae moet volgens wet sewe dae ná verkiesingsdag bekend wees, maar die OVK verwag dat dit binne ’n dag of twee gefinaliseer sal wees. Individuele munisipaliteite se uitslae word bekend soos die telproses afgehandel word.

Het jy inligting wat jy graag wil deel of wil lees? Klik hier om ‘n voorstel te maak.

Rate this article:
1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Latest Articles

More in Helpful Hints
Relay for Life
CANSA Relay For Life: Ses vrae en antwoorde

Het jy geweet die sewende CANSA Relay For Life Worcester word in 15-16 Oktober gehou? (En Robertson se agste een die naweek...

Close