Breaking News

No breaking news at this time

Hoekom Relay ons? ’n Beroep op Worcester

’n Brief uit die hart van ’n komiteelid, wat verduidelik hoekom CANSA Relay For Life vir duisende so betekenisvol is:

Laat ek vir julle verduidelik waarom Relay For Life teen skemer begin en teen die einde van die volgende dag se oggend eindig:

Die lig van die dag en donkerte van die nag vergelyk die fisiese uitwerkings, emosies en geestestoestand van ’n kankerpasiënt terwyl hulle behandeling ondergaan.

Soos wat die deelnemers arriveer om met die Relay te begin, voel hulle sterk en gereed vir die uitdaging.   Daardie nuut-gediagnoseerde kankeroorlewendes hoop dat hulle óók vir die uitdaging gereed is – die uitdaging van hulle eie lewe.  Die dag se lig begin wegkwyn en die kankeroorlewendes wonder of hulle hul lewe gaan verloor.

Soos wat die aand verloop en al hoe koeler en donkerder word, begin die deelnemers te wonder watter taak hulle aangepak het – net só is die emosies van die kankeroorlewendes, waar dit ook vir hulle al hoe koeler en donkerder word terwyl hulle wonder wat op hulle wag.

Die emosies begin intree

Teen 21:00 by die Relay het ons die emosionele wipplank van die Luminaria-seremonie, waar elke kers wat ons aansteek ’n lewe van ’n geliefde verteenwoordig.   Party het die stryd oorwin, maar ander het die stryd verloor.  Maar hierdie liggies sal julle deur die nag lei.  Hulle verteenwoordig die tyd waartydens die kankerpasiënt hulp van hulle familie, ’n dokter of dalk die Kankervereniging ontvang – waar ons almal help om hulle pad tydens hulle reis te verlig.

Jy is teen 01:00 tot 02:00 baie moeg en het al reeds vir ure geloop en jy weet nie of jy nog enigsins verder kan nie. Jy wil graag die stryd gewonne gee.  Dit verteenwoordig die tyd wanneer ’n kankerpasiënt met behandeling begin.   Hulle word uitgeput, party voel siek, party wil nie meer aangaan nie en net opgee, maar hulle kan nie.

Teen 04:00 tot 05:00 is ons naby aan die einde van die Relay en vir die kankerpasiënt simboliseer dit die einde van hulle behandelings.  Jy is moeg en so ook is die kankerpasiënte, maar dis amper verby.  Hoop is in sig.   Teen sonop wéét jy dat jy iets wonderliks en bemagtigend bereik het en so ook wéét die kankerpasiënt dit.

Hulle kan die lig aan die einde van die tonnel sien.  Die oggendstrale bring ’n nuwe dag – vol lewe – en hierdie kankerpasiënte besef dat hulle nog ’n dag sal oorleef.   Hulle behandelings is verby en hulle het dit oorleef!

’n Nuwe dag

As jy die Relay verlaat, wil ons graag hê dat jy aan hierdie kankeroorlewendes moet dink wat wegstap van hulle laaste behandeling.  Net soos wat jy uitgeput en swak is, so ook is daardie persoon na die behandeling.  Maar daar is altyd hoop in ’n nuwe dag!

Onthou die kankerpasiënt stry vir 365 dae van die jaar of dit nou koud of warm is, reën of sonskyn  – hulle stry die stryd –  ek en jy moet vir 1 nag ons slaap opoffer.  So dink so daaraan waarom raak ek nie deel van die Relay en sien waaroor dit gaan nie.

Ons as Relay-komitee vra baie mooi om vir een nag die geraas by HTS Drostdy se sportgronde te verduur en dink daaraan dit is om die pad wat die pasiënt  moet loop, makliker te maak.

Lees hier meer oor CANSA Relay For Life, en sien wie om te kontak as jy jou span wil inskryf.

Het jy ’n plaaslike storie wat jy wil vertel of wil lees? Klik hier om ’n voorstel te maak.

Rate this article:
1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Latest Articles

More in Community
Kaleidoskoop neutedop
Kaleidoskoop in ’n neutedop

Gedink jy ken Kaleidoskoop omdat jy in Worcester woon? ’n Toer (en nog een en nog een) deur die reusagtige...

Close