Breaking News

No breaking news at this time

NID Wassery laat jou wasgoednagmerries verdwyn

Strykwerk, gordyne was, komberse trap… Noem ’n wasdag-werkie wat jy haat en die NID Wassery het vir jou ’n maklike uitweg.

Sewe personeellede (vyf permanent en twee werksplasings van Lewensruimte) hou die reuse- wasmasjiene en tuimeldroërs vol en die strykmasjien aan die rol vir die korporatiewe en huishoudelike skoonmaakwerk wat hulle doen:

• Kontrakte vir gastehuise en restaurante se linne (tafellinne en beddegoed).

• Was, droog, stryk en opvou van individue of huishoudings se klere en handdoeke.

• Die skoonmaak van besighede se oorpakke.

• Individue en huishoudings se tafeldoeke, gordyne, komberse en duvets.

• Matte en die stoffering van meubels.

Hein van der Merwe, NID Wassery-bestuurder, sê kliënte kry oor die algemeen hul wasgoed binne 24 uur terug. Dit is nou as dit nie gekompliseerde items is wat langer vat om droog te word nie.

Kontrakkliënte se wasgoed word op- en afgelaai, terwyl ander kliënte se wasgoed teen ’n addisionele tarief afgehaal en teruggeneem kan word.

Die wasmasjiene (wat lyk soos reusagtige weergawes van dié in jou huis) is gesofistikeerd en vooraf geprogrammeer om die siklus te gebruik wat die beste by elke bondel wasgoed pas. Dit pomp ook die regte soort seep in die regte hoeveelheid uit groot kanne.

Die industriële tuimeldroeërs en strykmasjien speel klaar met honderde kilogramme wasgoed per dag. Die fyner strykwerk met die hand gedoen word (beskermende plate word bo-oor strykysters gesit sod at dit nie klere kan brand nie).

Meer oor die NID Wassery

Hein sê toe die wassery in Januarie 2013 geopen het, was daar geen kontrakte nie. “Toe ons oopgemaak het was hier niks. Ons moes van onder af begin.”

Vandag het hulle 30 kontrakte vir enigiets van gastehuise, restaurante en haarsalonne tot liefdadigheidsorganisasies.

Pryse wissel van R9,20 per kilogram vir klere wat net gestryk moet word tot R90 vir ’n swaar koningingrootte kombers en R105 per driestuk pak klere. Alle pryse is BTW uitgesluit. (Kry die pryslys hier.)

Om die NID Wassery te kontak, bel 023 342 5555, stuur e-pos na laundry@nid.org.za, vind heinvandermerwe1 op Skype of stuur WhatsApp na 081 353 2606.

NID laundry
Tuimeldroog word op ‘n heel ander vlak gedoen as by die huis.
NID laundry3
En so word die angel uit strykwerk gehaal.
NID laundry4
Duisende kilogramme klere word hier gewas, drooggemaak en gestryk.

 

Het jy inligting wat jy met die gemeenskap wil deel? Klik hier om navraag te doen.

Rate this article:
1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Latest Articles

More in Business
kaleidoscope technology
Latest, greatest tech accessible to the blind

Apple devices can calibrate someone's hands so they can type in Braille on their touch screens. And more than 350...

Close