Breaking News

No breaking news at this time

Eers water, nou warmte: Round Table doen wat nodig is

Hulle het die jaar afgeskop met ’n waterprojek waarmee derduisende liters water na die Oos-Kaap en Vrystaat gestuur is. Daarna was dit 150 kussings en slope vir die Steinthal-kinderhuis in Tulbagh.

In Mei het hulle Worcester Animal Welfare Society (AWS) se hokke skoongemaak en dierekoskaste aangevul en in Junie is die Wyzneusies Crèche buite Rawsonville verfraai.

Die jongste projek was hulle Winter Knights-insameling van komberse, klere en niebederfbare kos, waar hulle ook sop en brood aan hawelose mense van Worcester uitgedeel het.

Dis ’n roeping

Die manne en vroue van Worcester Round Table sit nie stil nie. Maar hoekom sal ’n besige sakeman die moeite doen om na-ure vergaderings by te woon of op ’n Vrydagaand buite in die koue te staan terwyl hulle met ander dinge besig kan wees?

“Dis ’n roeping”, “kameraadskap”, “jy kry ’n kans om iets vir die gemeenskap te doen” sê van die manne wat Vrydagaand 29 Julie in Hoogstraat bymekaargekom het vir die Winter Knights-insameling. “Baiekeer kom mense verby wat hulp nodig het. Op jou eie kan jy hulle nie help nie, maar as ’n groep kan jy.”

Jaco Krouwkam, huidige voorsitter, sê hulle het op die oomblik 15 lede en die volgende groot projek is Follies, wat teen dié tyd geen bekendstelling nodig het nie.

Worcester Round Table

Worcester se Tafelaars beskryf hulself as ’n sosiale groep jong sakemanne met ’n sterk fokus op gemeenskapsontwikkeling in die Breedevalllei.

Die skenkings wat met die Winter Knights-projek ingesamel is, sal vanjaar aan Worcester House of Hope geskenk word. Mense in nood kon egter Vrydagaand reeds tussen die skenkings uitsoek wat hulle nodig het.

Die Winter Knights-projek word al vir die afgelope sewe jaar gehou in die meeste dorpe waarin Round Table Suider-Afrika verteenwoordig word. Round Table Suider-Afrika (Suid-Afrika en Namibië) is weer deel van Round Table International, met meer as 30 000 lede wêreldwyd.

Round Table water
Worcester Round Table het aan die begin van die jaar derduisende liters water vir droogtegeteisterde dele van die Oos-Kaap en Vrystaat ingesamel. Foto: Worcester Round Table
Round Table steinthal winter
Twee van die organisasie se projekte was ’n besoek aan Steinthal om kussings en slope uit te deel, en Winter Knights. Foto’s: Worcester Round Table
Round table AWS
Worcester AWS se hokke is skoongemaak en troeteldierkos is vir hulle ingesamel. Foto: Worcester Round Table
Round Table wyzneusies
Tafelaars het ook die Wyzneusies Crèche verfraai. Foto: Worcester Round Table

Het jy ’n plaaslike storie wat jy graag wil deel of wil lees? Klik hier om ’n voorstel te maak.

Rate this article:
1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Latest Articles

More in Community
dominee kinderliedjies
Die dominee, die romanskrywer en die diere

’n Dominee wat rugby afrig en ’n romanskrywer-entrepreneur klink na ’n vreemde kombinasie. Tog het twee Worcesteriete met uiteenlopende talente...

Close