Breaking News

No breaking news at this time

SA Jongwyntoekennings: Badsberg is bobaas

Badsberg Wynkelder het Saterdag (20 Augustus) skitterend presteer by die 2016 SA Jongwyntoekennings.

Keldermeester Willie Burger en sy voortreflike span wynmakers het dié kompetisie se twee toptrofeë losgeslaan. Hul gehoute Pinotage is met die Generaal Smuts-trofee as algehele SA Kampioenjongwyn vir 2016 bekroon. Badsberg het boonop vir die vyfde maal die gesogte Pietman Hugo-trofee vir die hoogste puntetelling met die vyf beste inskrywings verower.

Dié produsent het ook ’n drietal SA Kampioentrofeë ingeoes. Hul toppresteerder, gehoute Pinotage, is as SA Kampioen Pinotage aangewys. Daarbenewens het die Badsberg Chardonnay/Chenin Blanc (gehout) en Chenin Blanc (gehout) die SA Kampioentrofeë vir onderskeidelik Wit Versnit en Chenin Blanc ontvang.

Bon Courage van Robertson het uitgeblink met twee SA Kampioentrofeë vir Natuurlike Soet Witwyn en Edellaatoes.

Nog kelders uit die Breederivier-streek wat SA Kampioentrofeë gekry het, is Van Loveren (Ander Wit Kultivar) met hul Colombar, Nuy (Shiraz, gehout).

Uit die 1 868 ingeskrewe wyne het 17 SA Kampioentrofeë gewen, 51 klaswennerstatus behaal en 64 goue medaljes ontvang.

Die skitterwyne van die 2016-oesjaar is tydens ’n glansryke gala-aand, aangebied deur Agri-Expo met ondersteuning van Sanlam en Santam, in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) bekend gemaak.

Die SA Jongwynskou is die oudste wynskou in Suid-Afrika. Dit dateer terug na 1833 toe die eerste skou deur die Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap (nou Agri-Expo) in die Tuine in Kaapstad gehou is.

Vir meer inligting, besoek www.youngwineshow.co.za.

* Hierdie artikel is ’n persverklaring uitgereik deur Marlene Truter namens die SA Jongwynskou.

Het jy ’n plaaslike storie wat jy graag wil deel of lees? Klik hier om ’n voorstel te maak.

Rate this article:
1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Latest Articles

More in Business
unplugged62
Van Loveren grabs another marketing opportunity

Van Loveren has grabbed yet another marketing opportunity by signing up as sponsor for the upcoming Unplugged62 music festival. The...

Close