Breaking News

No breaking news at this time

Skipgo begin uitdaging met R10 000-skenking vir AWS

’n Worcesterse onderneming het Maandag 22 Augustus die vragte vullis wat hulle gewoonlik vir kliënte vervoer, verruil vir ’n waardevolle vrag troeteldierkos, komberse en ander noodsaaklikhede vir Animal Welfare Society (AWS) Worcester.

Skipgo Worcester, wat vullisverwydering doen deur mobiele vullishouers (skips) by kliënte af- en weer op te laai, se skenking was ’n goeie R10 000 werd. “Dis amazing; daar’s nie woorde daarvoor nie,” het Rochelle Burger van AWS gesê. “Dit gebeur bitter min dat ons sulke groot skenkings kry.”

skipgo-aws-3

Beskou jouself as uitgedaag

Nou daag Skipgo Worcester ander besighede in die dorp uit om óók iets vir liefdadigheid te doen. “Hulle kan ons skenking match of net gee soos hulle wil. En dit kan enige liefdadigheidsorganisasie wees,” sê Nicole Marsh van Skipgo. Hulle hoop dat hulle nie net die Breedevallei se besighede nie, maar ook ander Skipgo-agente landwyd kan inspireer om hulle voorbeeld te volg.

“Ons daag julle uit om te gee aan die organisasie van julle keuse, om julle storie te deel en die uitdaging aan die gang te hou sodat die hele gemeenskap betrek word,” het Skipgo Worcester op sy Facebookblad geskryf. “Daar is so baie organisasies in ons area wat wonderlike werk doen vir min in ruil daarvoor. Baie van hulle maak staat op donasies waarsonder hulle nie goed kan funksioneer nie. Komaan Worcester, ons daag julle uit!”

Oor waarom hulle AWS gekies het, sê Nicole: “Meeste van ons skips word afgelaai in areas waar daar redelik baie honger, verwaarloosde en siek honde en katte sonder heenkome is. Ons het vir AWS ’n wenslysie gevra. Dit klink of daar regtig groot nood is daar.” AWS huisves diere sonder ander heenkome en moedig mense aan om troeteldiere by hulle aan te neem.

Skipgo Worcester lewer vullisverwyderingsdienste aan die munisipaliteit, enige besigheid en selfs huiseienaars wat groot vragte afval moet laat wegry. “Jy laat weet ons jy het ‘n skip vir een of twee dae nodig en ons verhuur dit aan jou. Sodra hy vol is, laat weet jy ons en ons gaan maak hom leeg.” Hulle bedien Worcester, Rawsonville, die Hexriviervallei en omliggende landbou-areas.

Skipgo word landwyd verteenwoordig deur sowat 80 agentskappe. Om Skipgo Worcester te kontak, skakel hulle by 023 342 1700.

Vir meer inligting oor AWS Worcester, klik hier.

skipgo-aws-4

skipgo-aws-1

skipgo-aws-5

skipgo-aws-6

Rate this article:
1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (1 votes, average: 4.00 out of 5)
Loading...

Latest Articles

More in Business
Jongwynskou
SA Jongwyntoekennings: Badsberg is bobaas

Badsberg Wynkelder het Saterdag (20 Augustus) skitterend presteer by die 2016 SA Jongwyntoekennings. Keldermeester Willie Burger en sy voortreflike span...

Close