Breaking News

No breaking news at this time

Mediclinic Worcester se dageenheid open 1 September

Pasiënte wat hospitaal toe moet gaan vir ’n vinnige operasietjie, sal van 1 September af nie meer nodig hê om in ’n gewone hospitaalsaal te gaan lê nie.

Mediclinic open dan ’n splinternuwe dageenheid, met 20 beddens, waar pasiënte die gehaltesorg sal geniet waarvoor Mediclinic bekend is, maar met die voordeel van ’n besparing in hospitaalkoste vir pasiënte en mediese fondse.

Volgens Mediclinic se kommunikasie-afdeling sal prosedures by die dageenheid hanteer word waarvoor pasiënte binne 23 uur toegelaat en ontslaan word. “As hierdie tydperk van toelating oornagverblyf insluit, word geen addisionele kostes gehef nie.”

Mediclinic beloof dat die eenheid ’n vlot toelatingsproses sal hê, uitgewerkte toelatings- en ontslagtye, buigsame besoektye en ’n televisie en telefoon by die pasiënt se bed. Natuurlik verleen die dageenheid se ligging by Mediclinic Worcester hom tot blitsige oorplasing na die hoofhospitaal as daar ’n noodgeval is. Dit is ook naby steundienste soos Worcester Radiologie, die apteek en patologiese dienste.

’n Verversingskiosk sal ook beskikbaar wees.

Die dageenheid is deel van ’n multimiljoenrand-bouprojek wat al sedert 2014 by Mediclinic Worcester aan die gang is.

Mediclinic se bestuur sê hul span kundiges sien daarna uit om huidige en nuwe pasiënte by hierdie toonaangewende geriewe te verwelkom, “en ons verseker jou gerief en welstand in elke stadium van jou pad na herstel”.

Vir meer inligting, stuur e-pos na hospmngrworce@mediclinic.co.za.

Mediclinic2

Rate this article:
1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Latest Articles

More in Business
guesthouse owners customise
For guesthouse owners with an eye for detail

Ever wondered where those cute little bottles of shampoo and lotion in guesthouse rooms come from? There are people for that,...

Close