Breaking News

No breaking news at this time

Is jou plek al bespreek by die paartie van die jaar?

Die inhibisies waai sommer so saam met die beenhare. Dís hoekom Follies na 20 jaar nogsteeds die paartie van die jaar is!

Wie weet nou nie van die Worcester event waar prokureurs en sakemanne in hoë hakke en rooi lippe op die verhoog gaan om hulle soos divas te gedra nie? Die vraag is of jý dit al die beleef het? (Jy het nog Vrydag- en Saterdagaand 23 en 24 September kans!)

“Omdat ons ons inhibisies laat gaan, laat gaan die mense wat kom kyk ook hulle inhibisies,” vertel Round Table voorsitter Jaco Krouwkam en sy kollegas Kowie Stofberg en Antonie Janse van Rensburg. “Dis die paartie van die jaar!”

Want tussendeur nommers soos “Ain’t no other man” deur Durexia (alias Jaco Krouwkam) en “We will rock you” deur die Devinals (Pieter Marais, Chris O’Neil en Kowie Stofberg) is dit lekker kos en kuier (en ’n knertsie hier en daar) tussen 250 gaste wat wéét hulle het gekom om te lag.

Dit help ook dat die lekker vibe al voor die konsert begin: as die manne so saam-saam beenhare en borshare moet afhaal, en naels, hare en grimering laat doen wat party van hulle darem baie na aan die ware Jakob(a) laat lyk.

En dis alles vir liefdadigheid…

Behalwe dat geen wenkbrou gelig word oor die gerespekteerde manne in hulle vroueklere nie, is dit boonop vir ’n goeie doel. Worcester Round Table se geldkoffers moet volgemaak word sodat hulle kan aangaan met die liefdadigheidswerk wat hulle in die dorp doen.

Follies – iets wat nêrens anders in die land as in Worcester gebeur nie – is nou al twee dekades lank ’n tradisie in die dorp nadat die idee by Hein Scheun opgekom het. Die legende lui dat ’n uitstappie na ’n drag show in die voorsittersjaar van Martin Alec van Niekerk die manne laat besef het hulle kan moontlik ’n klein goudmyntjie vir liefdadigheid ontgin.

Die res is geskiedenis: Borge en honderde gaste span saam om jaar ná jaar ’n reusesukses daarvan te maak (die manne besef sonder die borge en ondersteuning sou dit nie moontlik wees nie, en sê dankie!).

Hierdie jaar se konsert-aande, in helder Neon, is halfpad. Twee aande lê nog voor en vir dié wat gou spring is daar dalk nog ’n kans om een van die gesogte sitplekke in die Follies-konserttent te kry.

Bel Antonie by 083 347 9717 of Nadine by 082 700 3875 om jou kaartjies te bespreek.

Hier is ’n paar foto’s om dié wat nog twyfel te oorreed:

page01

Adelaide (oftewel AC Goodger) met Adele se "Fire to the rain". Foto: Jorina Kriel Photography
Adelaide (oftewel AC Goodger) met Adele se “Fire to the rain”. Foto: Jorina Kriel Photography
Hendrik Botha, ietwat anders as wat hy gewoonlik gesien word. Hy is dié jaar seremoniemeester. Foto: Jorina Kriel Photography
Hendrik Botha, ietwat anders as wat hy gewoonlik gesien word. Hy is dié jaar seremoniemeester. Foto: Jorina Kriel Photography
Sparkling Diamond (ook bekend as Pieter Marais) met "No" van Meghan Trainor. Foto: Jorina Kriel Photography
Sparkling Diamond (ook bekend as Pieter Marais) met “No” van Meghan Trainor. Foto: Jorina Kriel Photography
Durexia (Jaco Krouwkam) met "Ain't No Other Man" van Christina Aguilera. Foto: Jorina Kriel Photography
Durexia (Jaco Krouwkam) met “Ain’t no other man” van Christina Aguilera. Foto: Jorina Kriel Photography

poster

Rate this article:
1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Latest Articles

More in Community
unplugged62
Win tickets to Unplugged62: a weekend of festivities

In the mood for an unexpected weekend breakaway? Enter Breede River Buzz's competition to be in the draw for two...

Close