Breaking News

No breaking news at this time

‘Ek Relay omdat ek gelukkig is om nog te leef’

surviviors

The CANSA Relay For Life is, for me, an annual reminder of how lucky I am to have survived cancer. It is a celebration of winning the fight and being able to help others do the same. – Michelle Vos

Uitslag: KANKER! Dit val jou plat soos ’n groot swart klip… My eerste vrese en gedagtes was my gesin. Ek wou nie hê hulle moes swaarkry of ontsteld wees nie. – Ernetta Zulch

Kanker is ’n ‘bastard’: Dit stroop jou van jou menswaardigheid, totdat jy besluit tot hiertoe en nie verder nie. – Obie Woolward

Dit was vir my ’n groot skok omdat ek die eerste en sover die enigste van ses susters en ses broers is wat met kanker gediagnoseer is. – Susara Alberts

Dit is vir mense soos dié – Valleiers in murg en been wat onverwags met kanker te doen kry – dat CANSA Relay For Life persoonlike betekenis het. Dit is vir die 739 mense met kanker wat die afgelope jaar emosioneel deur ’n Kansa-personeellid of n Kansa-vrywilliger ondersteun is uit die Boland/Overberg-kantoor; die 382 kankeroorwinnaars en familielede wat bereik is deur kankerondersteuningsgroepe en die 1 691 pasiënte wat ondersteun is met mediese toerusting en hulpmiddels.

Dit is ook waarom daar weer honderde plaaslike ondersteuners verwag word by, en steeds genooi word na, vanjaar se CANSA Relay For Life Worcester, op 15 en 16 Oktober by HTS Drostdy se sportterrein. (Sien die plakkaat met al die details heel onderaan die berig. Lees ook ’n brief uit die hart van ’n komiteelid, wat verduidelik hoekom CANSA Relay For Life vir duisende so betekenisvol is.)

Wat is CANSA Relay For Life Worcester?

Dit is ’n feestelike fondsinsamelings- en bewusmakingsprojek wat deur Worcesterse vrywilligers vir die Kankervereniging van Suid-Afrika gehou word. Dit het in Amerika ontstaan, wêreldwyd uitgebrei en word nou jaarliks in 45 dorpe in Suid-Afrika gehou.

Behalwe dat dit CANSA sal help om met kankernavorsing, -voorkoming en ondersteuning voort te gaan, is dit ook bedoel om almal in die streek te laat dink oor hoe húlle kan voorkom dat kanker aanhou om een uit elke vier mense in Suid-Afrika te raak.

Wie reël dit?

Dit word 100% vrywillig deur inwoners wat ernstig oor die stryd teen kanker is gereël. Daar is wel een CANSA-werknemer wat die vrywilligers bystaan, maar die res is almal mense wat saam met jou hier woon en werk.

Hoe werk CANSA Relay For Life?

Dit is ’n feestelike deurnagbyeenkoms wat Saterdag 15 Oktober by HTS Drostdy se sportterrein begin en tot die volgende oggend aanhou om te simboliseer dat kanker nooit slaap nie. Worcesteriete kom in spanne van 10 tot 15 mense om saam met kankeroorwinnaars die lewe te vier!

Daar is ’n aflosbaan waarrondom spanne tente en stalletjies kom opslaan. Na die opening en ’n ererondte deur kankeroorwinnaars om die baan, begin die pret. Regdeur die nag tot Sondagoggend moet daar altyd minstens een lid van elke span om die baan beweeg – julle kan stap, in waentjies ry, draf of watookal.

Terwyl julle beurte maak om om die baan te gaan, kan die ander spanlede kuier, aan die vermaak-aktiwiteite deelneem, pannekoek en koffie vir ’n ekstra geldjie verkoop of selfs ’n uiltjie knip. Alles groot pret.

Die pret sal egter vir een gewyde seremonie onderbreek word. Ná sononder word Luminaria-kerse reg rondom die baan aangesteek ter herinnering aan ons geliefdes wat die stryd teen kanker verloor het of steeds daarteen veg. Dan raak ons saam stil om aan hulle te dink, of om dankie te sê vir dié wat oorleef het. Dit is ’n aangrypende hoogtepunt voor die deurnag-feestelikhede voortgaan.

Wat gebeur vóór CANSA Relay For Life Worcester?

Spanne kan solank wegspring om op oorspronklike en prettige maniere ekstra geld in te samel. Spanne wat R5 000 kan insamel kry ’n bronstoekenning, silwer vir R10 000 en goud vir R25 000. Daar is natuurlik baie spantoekennings op die spel.

Waarom word CANSA Relay For Life gehou?

Dit help CANSA om sy baie belangrike werk te doen – om kanker uit te roei. Dit help om geld bymekaar te maak vir CANSA se navorsings-, bewusmakings- en ondersteuningsdienste, maar is ook ’n geleentheid waartydens spanne meer leer oor hoe LEEFSTYLVERANDERINGE kanker kan help voorkom en lewens kan red. Omdat kanker een uit elke vier mense in Suid-Afrika raak, kan ons hulp dus ’n baie groot impak maak!

Hoe kan jy inskryf?

As jy en jou span (10 tot 15 mense) graag wil deel wees van die poging vir Worcester, gaan na Cansa se kantoor op die hoek van Fairbairn- en Durbanstraat waar personeel al die nodige inligting vir jou sal gee en jou help om in te skryf. Die registrasiegeld is R500 per span. Jy kan ook vir Christa Claassen by 023 342 7058 of Elsa Everson by  082 774 7322 bel.

With my sister’s recent diagnosis of the same dreaded disease, I had no fear as I have witnessed the growing rate of survivors through our local CANSA office. – Michelle Vos

En dan die groot vrede en totale vertroue en geloof date k en my mense veilig is in my Skepper se hande. Hy het ons albei kere gedra en my genees. – Ernetta Zulch

Kanker is ’n ‘bastard’. Dit stroop jou SOMS van jou menswaardigheid, maar dit is nie altyd ’n doodsvonnis nie. – Obie Woolward

Ander oorwinnaars kan sien da tons nogsteeds ’n vol lewe kan lei, vol verrassings en baie pret. Ek is life om Kansa-byeenkomste te ondersteun. Hulle doen tog so baie vir pasiënte. – Susara Alberts

luminaria-bags
Die Luminaria-sakkies ter ere van mense wat die stryd teen kanker verloor het, dit oorwin het of steeds daarteen veg.
fakel
Die fakkel van hoop wat deurnag brand.
survivors
Van die plaaslike kankeroorwinnaars en ondersteuners by ‘n vorige CANSA Relay For Life Worcester.
dancing
Daar is heelnag pret en plesier om mense wakker te hou – omdat kanker nooit slaap nie.

cansa-rfl-worcester-poster

Rate this article:
1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Latest Articles

More in Community
ginekoloe-ophou-babasvang
Waarom Worcester se ginekoloë ophou babas vang

“As jy al ooit in jou lewe ’n vars babatjie vasgehou het, deel was van daardie eerste asemteug… Dit is...

Close