Breaking News

No breaking news at this time

Kaleidoskoop-kunsuitstalling: 39 skilderye op openingsaand verkoop

Sowat 30 siggestremde inwoners van Kaleidoskoop SA het vanjaar 97 kunswerke geskep in die kunsprojek wat deur Ryno Eksteen bestuur word. Hul uitstalling het Donderdagaand 29 September geopen en 39 van die skilderye het dieselfde aand nog verkoop.

Die “ondenkbare vermoëns” van mense met siggestremdhede was die nie-amptelike tema van die aand. Maar dit was die gasspreker, Marion Holm, se woorde wat die treffendste boodskap oorgedra het.

Dis die moeite werd om haar hele toespraak op te teken:

Albert Einstein het gesê: “Everybody is a genius. But if you judge a fish by its ability to climb a tree, it will live its whole life believing that it is stupid.”

Die probleem met die moderne samelewing is dat dit eerstens so graag wil judge, en tweedens wil dit almal na aanleiding van dieselfde boksie judge.

En so kyk ons dus ook na kuns. Ons wil dit krities beoordeel en volgens een stel reëls besluit of dit goed of sleg is. Maar kuns is nie ’n materiële aankoop van ’n belegging wat jy met jou brein beoordeel en dan aanskaf nie. Pablo Picasso het gesê: “The purpose of art is washing the dust of daily life off our souls.”

Ek wil jou dus uitdaag om vanaand geheel en al jou brein af te skakel en met jou hart na die kunswerke te kyk. Kuns is immers ten diepste ’n manier van kommunikeer. So, in plaas daarvan om na iemand se kommunikasie te kyk en te besluit of dit goed of sleg is, wil ek vra dat jy met jou hart kyk na wat met jou gekommunikeer word. Noodwendig gaan daar party werke wees wat harder of duideliker met jou kommunikeer, en dit is reg so. Dit maak nogsteeds nie die een beter as die ander ene nie.

Vir die kunstenaars wat vanaand uitstal wil ek salueer. “Creativity takes courage”, het Henri Matisse self gesê. Dis bitter moeilik om jou hart op ’n doek te sit en dan vir almal te wys, juis as gevolg van die feit dat almal jou kommunikasie wil kategoriseer as goed of sleg. Daarom haal ek my hoed af vir julle en ek klap hande – hard – vir julle dapperheid

En om jou aan te moedig om te volhard: Onthou wat Vincent van Gogh gesê het: “If you hear a voice within you say you cannot paint, then by all means paint and that voice will be silenced.”

Ryno Eksteen ek salueer jou ook. Scott Adams het gesê: “Creativity is allowing yourself to make mistakes. Art is knowing which ones to keep.”

Jy weet die heel beste van enige mens op hierdie aarde hoe om ’n ander mens te kry om so vry te voel dat jy foute sal maak; om soos ’n kind te verf of te teken sonder inhibisies of vrees vir kritiek.

Ek haal weer vir Pablo Picasso aan: “Every child is an artist. The problem is how to remain an artist once we grow up. Ryno, jy help ’n mens daarmee. Plus, jy weet ook watter om te hou en dan uit te stal.

En die heel belangrikste eienskap van jou, wat jou die perfekte stuurman van hierdie projek maak, is jou gebrek aan ego, wat jou in staat stel om in die agtergrond te verdwyn en nie hierdie projek oor jóú te maak nie. Ek klap hard vir jou hande.

Dames en here, skakel jou brein af en skakel jou hart aan. En moenie verbaas wees as hierdie kunswerke vanaand vir jou lus maak om ook te gaan skep nie.

Albert Einstein het immers gesê: “Creativity is contagious. Pass it on!”

Hoewel Ryno nie self ’n toespraak gelewer het nie, het Freddie Botha, uitvoerende hoof van Kaleidoskoop SA, ’n stuk gelees wat Ryno oor die kunsprojek geskryf het:

“Daar is niks wat ’n blinde mens nie kan doen nie,” word gereeld in die kunsklasse gehoor. ’n Uitveër is nie nodig nie, want niks wat ons hier doen is verkeerd nie.

Dit is opmerklik hoe graag en maklik daar gelag word in die kunsklasse. Ons lag sommer vir onsself ook, wat.

En as ek weer sien is iemand besig om die sterretjieblikkie te skud. Dan word daar glitter gestrooi oor Worcester en die berge en die hele wêreld.

Hoe skilder ’n blinde mens? Ek weet nie. Ek vermoed hulle doen dit met hulle harte.

Valleiers word hartlik uitgenooi om die uitstalling te besigtig. Belangstellendes kan bedags by Blindiana Barista navraag doen oor toegang tot die galery. Die uitstalling duur tot 21 Oktober.

• Vir meer inligting oor Kaleidoskoop SA, klik hier.

20160929_18591720160929_193444blomme20160929_194611

frikkie20160929_193135Lorraine Meiring by een van verskeie kunswerke wat sy geskep het.

kuns-marion-ryno
Marion Holm en Ryno Eksteen by die opening van Kaleidoskoop SA se 2016-kunsuitstalling.
Rate this article:
1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (1 votes, average: 5.00 out of 5)
Loading...

Latest Articles

More in Community
Relay-remember
‘Ek Relay omdat ek gelukkig is om nog te leef’

The CANSA Relay For Life is, for me, an annual reminder of how lucky I am to have survived cancer....

Close