Breaking News

No breaking news at this time

Engen skenk meer as R2 miljoen vir APD

Engen Petroleum het vandeesweek ’n skenking van meer as R2 miljoen aan die Breedevallei Vereniging vir Persone met Gestremdhede (APD) oorhandig.

Die skenking moet in die volgende twee jaar spesifiek gebruik word by die vereniging se werkskeppingsprojekte. Dit sluit die spyseniering-, handwerk-, herwinningsafdeling en wassery, asook die ontwikkeling van lewensvaardighede in.

Die skenking dra volgens Deonie Basson, bemarkingsbestuurder by Breedevallei APD, ook by tot ’n nuwe perseel in die nywerheidsgebied. Daar word herwinningswerk vir tien inwoners met gestremdhede van Zwelethemba geskep.

Die skenking beloop altesaam R2 229 500 vir ’n periode van twee jaar.

“Engen se belegging sal nie net ’n impak op die begunstigdes hê nie, maar ook ’n verreikende impak op hulle gesinne en die gemeenskap van die Breedevallei,” sê Deonie. “Ons is dankbaar teenoor Engen vir hulle ondersteuning om persone met gestremdhede te bemagtig om hulle sosio-ekonomiese toekoms te verbeter.”

Mntu Nduvane van Engen sê die maatskappy het onlangs sy maatskaplike beleggingsfokus versterk. Die maatskappy wil graag só sake doen dat dit aansluit by die behoeftes van die gemeenskap waarin hulle werk.

Ruslan Islahudin, ook van Engen, sê hulle hoop om deur hulle skenking aan APD te help om ’n meer gelyke samelewing te skep waar persone met gestremdhede ook toegang kan hê tot opvoedings-, werks- en sosiale geleenthede.

* Breedevallei APD is ’n niewinsgewende organisasie wat aktief werk om mense met gestremdhede se lewensgehalte te verbeter.

Hulle dienste sluit werkskepping in, onder meer met ’n wassery, herwinningsafdeling, spyseniering en handgemaakte produkte.

Hulle lewer ook dagsorg, arbeidsterapie en maatskaplike dienste aan mense met gestremdhede in die hele Breedevallei. Vir meer inligting, besoek hulle webwerf.

Rate this article:
1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (3 votes, average: 4.00 out of 5)
Loading...

Latest Articles

More in Community
’n Langer werksdag…sodat hy geld het om weg te gee

Sal jy elke oggend 05:00 begin werk en 18:00 eers ophou net sodat jy geld het om uit te deel?...

Close